Staat wil kinders teen porno beskerm
2009-10-02 15:40
Johannesburg – Die regering wil kinders teen die verkryging van pornografiese materiaal beskerm.
Hy wil ook drastiese stappe teen die gebruik van kinders in pornografiese produksies neem, het Noluthando Mayende-Sibiya, die minister van vroue, kinders en gestremdes Vrydag gesê.
"Die verhoogde toegang tot tegnologie en die internet is baie belangrik vir kommunikasiedoeleindes, maar pornografiese materiaal word al hoe makliker onder kinders versprei."
"Daar is dus ‘n behoefte aan die beskerming van kinders," het sy gesê tydens die bywoning van ‘n kinderberaad in Boksburg.
Die department gaan in samewerking met die depertemant van binnelandse sake en die filmbedryf werk om met oplossings vorendag kom om te verhoed dat kinders toegang tot pornografie het.
"Ons doen ook ‘n beroep op die publiek om nie kinders in pornografiese produksies te gebruik nie. Dit is kindermishandeling en enigeiemand wat daarby betrokke is moet in hegtenis geneem word.
- Sapa