Staat wil Eskom-verhoging stuit

2009-11-19 11:05
Tweets Share Share line Print

Sake24

Die kabinet is op die uitkyk vir maniere om Eskom te help om sy finansieringstekort te oorbrug – sonder om staat te maak op ’n 45%-styging in kragtariewe oor die volgende drie jaar.

“Die regering kyk na bemiddelings om die stygings te verminder en terselfdertyd te verseker Eskom kom sy verpligtinge (om nuwe kragstasies te bou) na,” het mnr. Themba Maseko, kabinetswoordvoerder, aan Reuters gesê.

Maseko het gesê Eskom se versoek, wat

Maseko het gesê Eskom se versoek, wat sterk deur verbruikers en ondernemings veroordeel is, is “te erg”.

Die regering wil hê Eskom moet aanhou met sy kraguitbreidingsprogram van R385 miljard, maar sonder om die ekonomie en mense seer te maak.

“Die regering wil hê die Eskom-program moet voortduur sonder die 45%-styging. Dit sal ’n reuse-invloed op die ekonomie hê en sal inflasie en die lewenspeil van die armes raak.”

Me. Gill Marcus, president van die Reserwebank, het gisteraand op die monetêrebeleidsforum in Pretoria gesê sy verwelkom die feit dat Eskom se beplande tariefverhogings weer bespreek word.

“Dit is duidelik dat daar ’n gesprek in die regering moet plaasvind oor wat die tariefverhogings moet wees. Daar is geen twyfel dat ons tariefverhogings nodig het nie, maar die benadering is belangrik.

“Die Reserwebank sal nie enige spesifieke vlakke van verhogings aanbeveel nie, maar ons is bly dat dit heroorweeg word.”

Eskom het gesê hy sal staatmaak op die tariefverhogings, lenings en staatslenings om sy uitbreidingsprogram te finansier.

In September het Eskom ’n aansoek ingedien vir die tariewe om met 45% per jaar vir die volgende drie jaar te styg of om dit op een slag met 146% te verhoog.

Albei voorstelle is gekritiseer deur ekonome en bedryfsrolspelers, wat meen só ’n styging sal inflasie aanwakker en nywerheidsreuse dwing om dele van hul bedrywighede te sluit.

Eskom berei hom nou voor op ’n wysiging gegrond op gesprekke met die regering en munisipaliteite en sal dié voorstel teen die einde van die maand indien. – Reuters en René Vollgraaff

sterk deur verbruikers en ondernemings veroordeel is, is “te erg”.

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.