Staat verwoes vuurwapens
2009-12-18 21:57
Pretoria – Die staat beoog om alle vuurwapens en ammunisie wat vrywillig ingehandig of verbeurd verklaar was, te verwoes, het 'n kennisgewing in die Government Gazette gelui.
Bheki Cele, nasionale polisiehoof het die kennisgewing geplaas en ‘n beroep gedoen op persone wie se vuurwapens dit dalk mag wees, om na vore te kom en redes te verskaf hoekom dit nie verwoes mag word nie.
Mense moet binne 21 dae na vore kom, nadat die kennisgewing op 14 Desember geplaas was.
Die redes wat aangevoer word, moet al die nodige besonderhede van die vuurwapen, die eienaar en die polisiestasie waar dit ingehandig was, bevat.
- Sapa