Staat skuld mediese firma R8 milj.

2012-01-25 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Maatskappy wat mediese toerusting aan 330 staatsinstellings verskaf, sal teen Maart die helfte van sy personeel moet afdank tensy die Gautengse departement van gesondheid sy skuld van miljoene rande betaal.

Een van die drie vennote in die maatskappy, wat nie genoem wil word nie omdat hy voorheen geviktimiseer is, het gesê hulle het al sowat ses jaar ’n kontrak om toerusting aan onder meer staatshospitale en -klinieke te verskaf.

Al skuld die departement hulle R8,2 miljoen, is hulle verplig om aan te hou voorraad verskaf om te verseker dat hulle hul kontrak behou.

Volgens hom sal hulle hulself in die voet skiet as hulle die staat hof toe te neem omdat die maatskappy die kontrak sal verloor en nooit weer ’n kontrak met die staat sal kry nie.

“Die regering het ’n lang geheue.”

Hy en sy twee vennote het die afgelope jaar nog verbande op hul huise geneem om die maatskappy aan die gang te hou.

“Ons gesinne is heeltyd bekommerd dat ons ons huise gaan verloor. Die situasie is kritiek.”

Hul maatskappy verskaf onder meer verbande om skiet- en steekwonde te behandel, voorraad wat nodig is om steke in te sit en asemhalingsmasjinerie.

Al betaal die departement teen die einde van die maand R802 miljoen van sy skuld aan verskaffers, dek dit net 40% van sy skuld van sowat R2 miljard.

Die departement het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy sal R108 miljoen aan lede van die Suid-Afrikaanse mediesetoerustingsbedryfsvereniging (Samed) betaal.

Tanya Vogt, bedryfshoof van Samed, het gesê van hul lede het betaling ontvang, maar baie het nog niks gekry nie.

Die departement van gesondheid skuld hul lede R346 miljoen, het Vogt gesê.

Omtrent 20 van dié lede sal verplig wees om hul deure te sluit as hulle nie betaling ontvang nie.

Al is hul lede bekommerd oor hul geldsake en die lot van hul werkers, is die grootste probleem dat noodsaaklike mediese toerusting en produkte nie beskikbaar gaan wees nie.

Simon Zwane, woordvoerder van die departement, het gesê hulle hoop om hul skuld aan verskaffers met die tesourie se hulp teen Junie vanjaar te delg.

R600 miljoen is verlede maand aan verskaffers betaal en nog R202 miljoen sal teen die einde van die maand betaal word.

Nomvula Mokonyane, premier, het Maandag gesê Gauteng het sedert Desember byna R400 miljoen aan diensverskaffers betaal vir skuld wat sedert 2007 opgehoop het.

“Ons het besluit om 3% van elke departement se begroting te sny om die R700 miljoen-skuld wat nog oor is te delg.”

Al die agterstallige skuld sal hopelik teen 2014 betaal wees, het sy gesê. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.