Staat sal bepaal hoe groot plaas moet wees

2011-09-01 09:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die regering gaan tydens besprekingsessies bepaal hoe groot ’n plaas moet wees vir ’n spesifieke soort boerdery om volhoubaar te wees.

Dit sluit aan by die groenskrif op grondhervorming, wat onder meer berus op die beginsel van ’n “grondplafon” – ’n beperking op die hoeveelheid grond wat ’n private eienaar mag besit.

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Woensdag op ’n inligtingsessie in die parlement die groenskrif bekend gestel.

Nkwinti het daarna gesê die besprekingsessies sal in die komende maande gehou word. Hy is ’n voorstander van die Brasiliaanse model waar beperkings op private grondbesit bepaal word deur die soort boerdery – selfonderhoudend of kommersieel – en produksie – vir die plaaslike of uitvoermark.

Grondeienaars wat ingevolge die beoogde wetgewing te veel grond het, sal dit waarskynlik aan die staat moet verkoop wat dit op sy beurt sal verhuur.

Buitelanders sal voorts beperkte besitreg hê en op streng voorwaardes grond kan bekom, soos dat dit vir “juiste doeleindes” aangewend moet word om voedselsekerheid te bevorder.

Hoewel die groenskrif dit nie uitstip nie, meen Agri SA die grondliggende filosofie is dat die staat die grootste grondbesitter moet wees. “Beperkings op private grondbesit is een manier om dit reg te kry,” het Annelize Crosby, beleidsadviseur van Agri SA, gesê.

Die “grondplafon” sal beteken dat die regering aan boere sal voorskryf waarmee hulle moet boer aangesien die grootte van ’n plaas die ekonomiese volhoubaarheid van ’n spesifieke boerdery bepaal.

“Dié inmenging gaan gevolge hê. 20% van boere produseer 80% van ons landbouprodukte en hul sukses word daaraan toegeskryf dat hulle nie beperk word nie en kan aanhou uitbrei. Daar word wêreldwyd al hoe groter geboer omdat dit al manier is om winsgewend te bly,” het sy gesê.

Ook die VF+ is sterk gekant teen die voorstel vir ’n “grondplafon” en meen dis ’n resep vir voedseltekorte.

“Deur grondbeperkings op groot boere te plaas, gaan die hele landbou-ekonomie verwring word sonder om die grondhervormingsprobleme op te los,” het dr. Pieter Mulder, party­leier, gesê.

Die groenskrif stel ook ’n nuwe outonome grondbestuurkommissie met wydlopende magte, waaronder om titelaktes te verifieer, geldig en ongeldig te verklaar, in die vooruitsig.

Die beginsel van gewillige koper/verkoper word as ’n “swak plek” uitgesonder en die voorstel is dat ’n nuwe statutêre evalueringsmeganisme – ’n grondwaardeerder-generaal – die “verwringing in die grondmark” moet takel. Dié liggaam sal ook bepaal teen watter vergoeding grond onteien sal word.

Nkwinti het die staat se eie onvermoë om beleid in werking te stel as die grootste struikelblok geïdentifiseer en volgehou plase moet ná grondhervorming steeds “100% produktief” wees.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.