Staat moet betaal ná huis brand

2010-09-01 09:21
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Egpaar moet skadevergoeding van R720 000 by die Gautengse regering kry nadat ’n veldbrand hul grasdakhuis en -lapa verwoes het.

’n Skikkingsooreenkoms is tussen die provinsiale regering en Willem en mev. Maria le Hanie bereik.

Die ooreenkoms is vandeesweek ’n bevel van die hooggeregshof in Pretoria gemaak.

Luidens die bevel sal die Gautengse regering ook rente van R80 000 op die kapitaalbedrag aan die egpaar betaal.

Albei bedrae moet teen 30 September betaal word, anders sal rente daarop gehef word.

Die Le Hanies van Bosfontein, Heidelberg, het as trustees van die Le Hanie-familietrust ’n skadevergoedingseis teen die provinsiale regering ingestel.

Die trust is die eienaar van die plaas Boskloof in die distrik Heidelberg.

Die Gautengse regering is die eienaar van die aangrensende plaas, die Suikerbosrand-natuurreservaat.

Luidens die egpaar se hofstukke het die Gautengse regering op 4 September 2007 ’n brandstrook in die natuurreservaat gemaak.

Die veldbrand het na die trust se plaas versprei.

Die brand het die Le Hanies se veld, ’n grasdakhuis, ’n grasdaklapa en die inhoud van dié twee strukture verwoes en skade van R1 058 639 veroorsaak, lui die hofstukke.

Dit lui voorts die brande is begin in ’n poging om ’n brandstrook te skep terwyl dit gevaarlik was om sulke brande te begin.

Die brande vir die brandstrook is nie behoorlik geblus nie of daar was nie behoorlike toesig om toe te sien dat dit behoorlik geblus is nie.

Die brande het gevolglik weer begin en kon nie beheer word toe dit vasgestel is nie, lui die hofstukke.

Die verweerder het die aantygings in hofstukke ontken

Volg Beeld op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: vergoeding  |  staat  |  brand

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.