Staat laat vaar saak teen Zuma-woordvoerder
2011-12-22 17:35
Johannesburg – Die staat het die dronkbestuur-saak van Zizi Kodwa, presidensiële woordvoerder, Donderdag in die Hillbrow-landdroshof teruggetrek.
'n Senior staatsaanklaer het gesê die bloedmonsters het getoon dat daar geen alkohol in Kodwa se sisteem was toe hy in hegtenis geneem is nie.
Kodwa is op 11 November omstreeks 03:00 gearresteer.
Daar is besluit dat daar nie 'n saak teen hom is nie.
Kodwa het Woensdagaand aan Sapa gesê hy verskyn Donderdag in die hof sodat die aanklagtes teen hom teruggetrek kan word. Maar hy was nie by die hof teenwoordig nie.
Sy prokureur, Gugulethu Madlanga, het gesê Kodwa beplan steeds om die polisie vir R5 miljoen te dagvaar vir sy onregmatige inhegtenisneming.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA