'Staat kán nie werk skep'

2012-02-05 08:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma sal Donderdag in sy vierde staatsrede waarskynlik nóg tientalle planne voorlê om werkgeleenthede te skep, maar kenners sê niks sal die werkloosheidskrisis verlig as streng arbeidswette nie verslap word nie.

Dit striem plaaslike sakelui en buitelandse beleggers wil nie in Suid-Afrika belê nie omdat ander beleggingsvriendelike lande beter opbrengste lewer.

Die sowat 4,4 miljoen werkloses se kans op ’n werk is skraal omdat die voorgeskrewe minimum lone dit te duur maak om groot getalle ongeskoolde werkers aan te stel.

Voorts is maatskappye huiwerig om hul personeelgetalle te vergroot omdat die arbeidsregulasies dit moeilik maak om ontslae te raak van personeellede wat nie hul kant bring nie.

* Richard Pike, uitvoerende hoof van die arbeidsmakelaar Adcorp, het Donderdag by die FW de Klerk-stigting se jaarlikse gedenklesing in Kaapstad gesê produktiwiteit het in 2010 met 6% gedaal, terwyl lone terselfdertyd met 8% gestyg het.

* Voorts het Suid-Afrika in 2009 soveel as 2,9 miljoen werkdae weens stakings verloor, in 2010 het dit tot 14,6 miljoen dae gestyg en in 2011 was dit 12 miljoen.

“Ons het op die kruin van apartheid 9,5 miljoen werkdae in een jaar verloor. ’n Mens het gedink dit sou beter gaan ná 1994, maar dit het vererger,” het Pike gesê.

Dus word arbeid nie net al hoe duurder nie, maar personeel raak toenemend “onbetroubaar” en dít noop nywerhede om mense deur masjiene te vervang deur te outomatiseer en te meganiseer.

Ingevolge die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se gradering van Suid-Afrika se arbeidswette en -regulasies beklee Suid-Afrika op ses na die swakste plek op ’n lys van 139 lande wat mededingendheid betref. Dít dra by tot die land se hoë werkloosheidskoers (25%) en onvermoë om ’n ekonomiese groeikoers van 7% per jaar te handhaaf wat vereis word om die regering se teiken van 5 miljoen werkgeleenthede teen 2020 te behaal.

* Weens kollektiewe bedinging word maatskappye gedwing om werkers jaarliks hoër salarisse te betaal, ongeag hul produktiwiteit en prestasie;
* Heeltydse werkers geniet beskerming teen afdanking en dit vererger swak produktiwiteit; en
* Arbeidsreëls maak dit te duur om mense – veral ongeskooldes – in diens te neem.

Volgens Pike sal nog ’n halfmiljoen mense hul werk verloor as die ANC deurdruk met sy planne om arbeidsmakelaars te verbied.

Hy meen die arbeidswette en voorneme om van arbeidsmakelaars ontslae te raak bevoordeel net die vakbonde en hul lede “terwyl die arm werkloses geen stem het nie”.

Temba Nolutshungu van die Vryemarkstigting het in dieselfde lesing gesê die regering moet sorg vir ’n gunstige omgewing waarin die private sektor kan groei, winste maak en werk skep.

“Dis ’n mite dat die regering grootskaalse werk kan skep – dis niks anders nie as werk wat deur belastingbetalers gesubsidieer word.”

Hy stem saam die beperkende arbeidswette moet verander.

“Ons het nie minimum lone nodig nie. Daar is werkloses wat vir minder sal werk wat nou nie aangestel kan word nie.”

Volgens Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, “produseer” Suid-Afrika te veel matrikulante en mense met BA-grade “wat ons nie benut nie”. “Ons het sweisers en ambagslui nodig.”

Die Nasionale Beplanningskommissie onder voorsitterskap van Trevor Manuel wil armoede teen 2030 uitwis.

Ook in húl plan word aansporings voorgestel om nuwe werkers teen laer salarisse aan te stel, korttermynkontrakte te vermeerder en om dit vir ondernemings makliker te maak om werkers af te dank.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.