Staat in die spervuur in Kebble-saak
2010-11-17 13:17
Johannesburg - Daar was ‘n “sameswering” om Brett Kebble, wat aangekla is van die moord op Glenn Agliotti, “valslik by die moord te betrek,” is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg gehoor.
Dié bewerings is deur Agliotti se advokaat, Laurence Hodes SC, gemaak na aanleiding van wat hy bestempel as die kontrasterende aard van bewyse wat in die getuienis en verklarings van verskeie getuies in Kebble se verhoor gelewer is.
“Enige poging om die bewyse van die staatsgetuies te manipuleer om sodoende te verseker dat hulle hoofsaaklik getuig oor die kwessies wat nie deur hul verklarings gedek word nie, veral as dit gemaak is in terme van die voorwaardes van art. 204 van die Strafproseswet, is ongrondwetlik en maak hierdie verhoor onregverdig,” het Agliotti se advokaat Laurence Hodes SC gesê.
Hy het aangevoer dat die staat na die hof moes gekom het met “skoon hande”.
Nietemin is die verhoor gekarakteriseer deur “verlore verklarings” en “verskeie mense het gesê dat hulle verskeie verklarings afgelê het,” tog het hulle ‘n ander weergawe gegee toe hulle in die hof getuig het, meen Hodes.
Die staat se sleutelgetuie, die sekuriteitshoof Clinton Nassif, het sy finale verklaring in Maart 2010 afgelê.
“Neem dit vier jaar om ‘n aanvullende verklaring saam te stel om meer besonderhede oor te dra?
“Dit is ongehoord, u Edelagbare,” het Hodes gesê.
Hy het verder aangevoer dat dit “verdag” was dat die staat nie een keer ‘n verwysing gemaak het na die hofrekord tydens hul hoofargument om Agliotti se aansoek om vrygespreek te word teen te staan nie.
“Ek daag hulle uit om te verduidelik hoekom,” het Hodes gesê.
Hy het bygevoeg dat die rekord “interessante leesstof” is en dat dit getoon het dat Nassif ‘n “reuse-leuenaar” is.
“Dit is duidelik dat elke getuie se verklaring gevlek is.”
Hodes het geargumenteer vir ‘n aansoek dat Agliotti van die vier aanklagtes teen hom vrygespreek kan word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA