Staat help dié boere wat nie mas opkom

2010-10-31 09:26
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Sukkelende opkomende boere wat plase en landbouprojekte – soos dié in die beleërde Richtersveld – as deel van die grondherstelbeleid gekry het, gaan nou geldelik uitgehelp word.

Die regering het sowat R900 miljoen beskikbaar gestel om eens produktiewe plase oor Suid-Afrika heen én landbouprojekte in die gewese tuislande wat erg vervalle is weer aan die gang te kry.

In ’n verrassende wending het die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling ook ingestem om in die Richtersveld-gemeenskap in te gryp. ’n Tweespalt dreig om dié gemeenskap uitmekaar te skeur.

Dié groep het die grootste grondeis tot nog toe in Suid-Afrika gewen, maar baklei nou onder mekaar oor die beheer daarvan.
Rapport het vroeër berig hoe dié twiste én die gebrek aan vaardigheid die vyf Richtersveld-plase só agteruit laat gaan het dat die koeie en volstruise van honger gevrek het. Sitrusbome en lusern het verdroog en oesters in die damme op die oesterplaas het gevrek.

Die plase was almal produktief toe dit in 2007 as deel van die grondeis oorgedra is.

Mthobeli Mxotwa, woordvoerder vir Gugile Nkwinti, minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, het Dinsdag bevestig die departement gaan in die Richtersveld ingryp.

“Ons gaan probeer om in belang van dié gemeenskap vrede te bewillig. Die proses het reeds begin.”

Volgens Mxotwa is die R900 miljoen deel van dié departement se herkapitalisasie-en-ontwikkelingsprogram.

“Dit moet plase en landbouprojekte wat weens ’n gebrek aan materiële en tegniese ondersteuning verval het, weer suksesvol maak.

“Die program word onmiddellik in werking gestel en diegene wat vir hulp in aanmerking kom, moet die naaste kantoor nader.”

Nkwinti het Dinsdag by die Uniegebou gesê planne daarvoor is reeds gereed in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Limpopo, Noordwes, die Noord-Kaap en Vrystaat.

Intussen het die tweespalt oor die beheer van die Richtersveld-rykdom vererger.

Net verlede Vrydag het die Richtersveld Communal Property Association met nóg ’n hofgeding by die hooggeregshof in Kimberley begin. Dié aansoek word op 22 November aangehoor.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.