'Staat gemelk vir ANC se fees'

2011-11-28 07:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die ANC melk staatsdepartemente deur hulle te R45 000 vra om by sy eeufeesviering volgende jaar ’n uitstalling te hê, terwyl die private sektor R20 000 per stalletjie betaal.

Dié tariewe is in ’n omsendbrief wat by haar kantoor afgelewer is, het Helen Zille, DA-leier en Wes-Kaapse premier, Saterdag in Pretoria gesê.

Zille en Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, was by die party se streekleiersverkiesing vir Noord-Gauteng. 236 afgevaardigdes het terselfdertyd die streek se jaarvergadering bygewoon.

Solly Msimanga is tot DA-streekvoorsitter verkies nadat mnr. Brandon Top­ham hom weens sakeverpligtinge nie weer verkiesbaar gestel het nie.

Zille het gesê die ANC misbruik die staat se hulpbronne.

Wanneer die DA 100 jaar oud word, sal daar ’n partytjie wees, maar belastingbetalers se geld sal beslis nie gebruik word nie.

Oor die kabinet se besluit om uitsprake van die konstitusionele hof te laat ontleed het Zille gesê as die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting voor dié hof dien, hoop sy die hof sal by die Grondwet staan.

Sy hoop nie dié hof laat hom in onderwerping boelie nie. As die regbank nie onafhanklik van die regering is nie, sal ons demokrasie sterf, het sy gesê.

Die ANC is in ’n “erge krisis” en heeltemal verdeeld oor die toekoms. Die stryd teen apartheid het die ANC verenig gehou, maar nou is hy meer verdeeld as enige ander party, het sy gesê.

Dit is moontlik dat die DA die regering in Gauteng in die 2014-verkiesing kan oorneem. Hiervoor moet 25% van swart stemme verkry word, het sy gesê.

Die Na­sio­na­le Ontwikkelingsplan onder leiding van Trevor Manuel, beplanningsminister, sal die ANC uitmekaar skiet, het sy gesê. Die DA moet dié plan lewend hou.

Mazibuko het ook gesê dié plan bevat “DA-taal”. “Dis ’n baie goeie dokument, maar bedreig die politieke faksies in die ANC.”

Msimanga het gesê sy plan as nuwe streekvoorsitter is “om op die grond” te wees. “Jy moet elke dag aan gewone mense verduidelik hoe (belastingbetalers se) geld gemors word.”

Topham het gesê die DA in Noord-Gauteng het die afgelope 26 maande sy getal lede en takke meer as verdubbel.

Die nuwe leierskorps sal kwessies soos veilige strate, skoon administrasie, akkurate tariefbepaling vir munisipale dienste, doeltreffende busdienste, toegang tot basiese dienste en werkskepping bly dryf.

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.