Staat betaal R84 m. vir leë gebou

2011-08-05 07:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die regering het nóg ’n twyfelagtige huurooreenkoms teen miljoene rande gesluit vir ’n gebou wat al byna twee jaar in onbruik staan.

Die departement van openbare werke huur reeds sedert Januarie 2010 ’n gebou in Pretoria teen meer as R3,6 miljoen per maand namens die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Die Burger het eksklusief verneem dat dié bedrag sowat sewe keer hoër is as die nettowins wat die vorige eienaar, AgriSA, met die verhuring van die gebou geïn het.

Van plan verander

Die departement van openbare werke het Agri SA boonop genader om die gebou te koop voordat dit in 2009 aan Phomella Property Investments (Edms.) Bpk. verkoop is, maar het later glo van plan verander.

Phomella is volgens sy webtuiste deel van die Billion Group-entiteit. Die maatskappy se bestuurshoof is die eiendomsmagnaat mnr. Sisa Ngebulana en sy direkteur is Vuyokazi Njongwe.

Die minister van justisie, Jeff Radebe, het in antwoord op ’n parlementêre vraag bevestig sy departement beoog om eers einde November by Schoemanstraat 255, Pretoria, in te trek.

Teen daardie tyd sal die regering reeds R84,2 miljoen aan huurgeld betaal het. Daarby het hy in April en Mei vanjaar ’n verdere R156 133,73 opgedok vir sekerheidsbeamptes om ’n “leë gebou” te beveilig.

Volgens Radebe kon hulle nog nie die perseel in gebruik neem nie, aangesien die “vereiste huurder-installasies” nog nie afgehandel is nie.

Debbie Schafer, DA-LP, beoog om die kwessie na die ouditeur-generaal te verwys omdat sy meen dit is ’n verkwisting van belastingbetalers se geld en ’n vrugtelose uitgawe.

“Die jongste onthulling herinner baie aan die onlangse sage rondom die polisie-huurooreenkoms ingevolge waarvan opgedrewe huurgeld deur die departement van openbare werke betaal is vir geboue wat nog opgeknap moes word,” het Schafer gesê.

“’n Ondersoek deur die openbare beskermer het toe bevind die minister van openbare werke, me. Gwen Mahlangu-Nkabinde, en die nasionale polisiehoof, komm. Bheki Cele, was skuldig aan onbehoorlike en onregmatige gedrag wat neerkom op wanadministrasie.”

Kopseer

Die geskiedkundige ou gebou in Pretoria wat in die jongste huurooreenkoms ter sprake is, is meer as 25 jaar gelede deur die Suid-Afrikaanse Landbou-unie gebou.

Volgens die president van Agri SA, Johannes Möller, was dit ’n groot probleem om die verhuring van die gebou van 28 verdiepings te bestuur en daarom is dit in 2006 in die mark gesit.

Die departement van justisie se woordvoerder, Tlali Tlali, is gistermiddag per telefoon, SMS en e-pos om kommentaar genader.

Tlali het egter aangedui dat hy die inligting sou moes naspoor en het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: geboue  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.