Staat: Verdediging respekteer nie die hof
2011-05-23 12:25
Johannesburg – Die regsverteenwoordiger vir die verdediging in die Jub-Jub-saak, Ike Motloung, was ses uit 12 keer laat vir die moordverhoor van Molema "Jub-Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala, het die staatsaanklaer Maandag gesê.
"Hy is later as lede van die publiek en familielede van die oorledenes," het Raymond Mathenjwa aan die Protea-landdroshof gesê.
"Dit lyk asof hy nie die hoftye respekteer nie. Ek dink die hof moet dissipline vaslê in terme van hoftye."
Motloung her reageer en gesê hy het 09:10 by die hof opgedaag en dat Mathenjwa hom nie in kennis gestel het dat die hof reeds begin het nie.
"As mnr. Mathenjwa my in kennis gestel het dat die hof reeds begin het, sou ek na die kamers gegaan het," het hy aan landdros Brian Nemabidi gesê.
"Ek woon nie in Soweto nie. Ek woon nie hier nie..."
Hy glo nie hy was al vyf keer voor Maandag laat nie.
"Ek weet nie waar hy (Mathenjwa) rekord hou nie."
Motloung het om verskoning gevra en die verhoor is hervat.
Konst. Velemina Mojela, 'n metropolisiebeampte, het Maandagoggend die getuiebank ingeneem.
Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA