Staal-slagoffer: Ek's van Bo beskerm

2010-05-25 09:20
Tweets Share Share line Print

Mev. Susan Taljaard kort ná die operasie waartydens haar hart gaan staan het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria - Die vrou wie se gesigbene vergruis is deur ’n stuk staal wat deur ’n motor se windskerm getrek het, sê toe haar hart die aand ná haar operasie gaan staan het, “het ek op die Here se hand gesit”.

Susan Taljaard (41) van Wonderboom-Suid in Pretoria het gister by monde van Niki Middleton (60), haar ma, vertel dat sy “die Here se hand styf vasgehou het”.

Taljaard is gisteroggend uit die waakeenheid van die Eugène Marais-hospitaal ontslaan en na ’n private saal oorgeplaas nadat haar toestand verbeter het.

Die linkerkant van Taljaard se gesig is meer as ’n week gelede in Van der Hoffweg in die weste van Pretoria deur ’n stuk staal oopgeruk nadat dit eers deur haar voertuig se venster is.

Haar wangbeen, kakebeen en tande is vergruis en sy het diep snye tussen haar oë en onder haar linkeroog.

Twee dae ná die voorval het haar hart kort ná ’n operasie gaan staan en het haar hele familie deurnag vir haar gebid.

“My kind het gesê: ‘Moeder, dit is so mooi in die Hemel, so mooi.’ Sy het gesê sy het die Here se hand styf vasgehou en bo-op sy hand gaan sit.

“Die Here het gesê daar is iets wat jy moet gaan regmaak en dan moet jy vir my gaan werk en vir die wêreld getuig wat ek vir jou gedoen het.

“Ek gee jou ’n keuse – óf jy gaan maak reg en werk vir my óf ek tik jou net so af van my hand,” het Taljaard volgens haar ma gesê.

Volgens Middleton het Taljaard gesê: “Here, ek gaan regmaak en dan gaan ek vir die wêreld getuig.”

Middleton het gesê Taljaard het aan haar gewys hoe die Here aan haar gewys het hoe hy haar met sy duim van sy hand sou afskiet. “Dit is soos om ’n albaster te skiet.”

Middleton het gesê haar dogter borrel van opgewondenheid en sy wil almal van Jesus vertel.

“Toe sy gister vir die eerste keer in die spieël kyk het sy gesê sy is tevrede, want sy weet die Here gaan haar heelmaak.”

Middleton het gesê haar dogter is so opgewonde dat sy met die verpleegsters of enigiemand wat in haar kamer gaan inkom oor die Here praat.

Sy borrel oor en sy praat dat sy hyg na haar asem. Sy wil nou ook net na Christelike musiek luister en het gevra dat ons vir haar Christelike DVD’s en boeke moet hospitaal toe bring.”

Mariska Killian (21), Taljaard se dogter, het haar gister gehelp om te bad en om haar hare te was.

“My kind is nie eens gepla met die beserings aan haar gesig nie. Toe sy Saterdag vir die eerste keer in die spieël kyk, het sy gesê sy is tevrede, want sy weet die Here gaan haar heelmaak.”

Middleton het gesê haar familie huil nie meer nie. “Ons lag nou. As ons huil, is dit van blydskap en vir wat die Here vir Susan gedoen het.”

Middleton het gesê Taljaard se dokter het met haar geraas, want wanneer sy so baie praat, swel haar lugpyp weer toe en dan begin sy na asem te snak.

“Hy het gesê sy moet net eers ’n bietjie beter word.”

Beeld

Volg Beeld op Twitter

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ongelukke  |  geloof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.