'Staak uitvoer van minerale' – Malema

2011-05-05 21:32
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die regering moet ophou om rou materiaal uit te voer sodat die totstandkoming van industrieë om dit plaaslik te verwerk, aangemoedig kan word, het Julius Malema, ANC-Jeugligaleier, Donderdag in Pretoria gesê.

“Met groter staatsbeheer en -deelname en die eienaarskap van minerale hulpbronne, sal ons nasionale begroting die kapasiteit hê om vergroot te word en om te sien na die maatskaplike verantwoordelikhede van die staat,” het Malema aan die Nasionale Persklub gesê gedurende ‘n praatjie oor die liga se program van aksie vir ekonomiese vryheid.

Hy het gesê die probleem is dat minerale in rou vorm uitgevoer word en dan in ‘n geprosesseerde vorm ingevoer word.

“Ons dink ons moet omgaan met hierdie situasie, ons moet Suid-Afrika laat voordeel trek uit sy hulpbronne.”

Malema het gesê die ANC se nasionale algemene raad het groter konsensus bereik oor die liga se voorstel om beheer oor die land se myne in die hande van die staat te plaas. ‘n Span is besig om die beste model van nasionalisering te ondersoek wat nie die ekonomie op ‘n ramp sal laat afstuur nie.

“Los al die dinge wat ander mense sê. Toe ons na die algemene raad gegaan het, het hulle gesê nasionalisering was nie op die agenda nie, al was dit. Toe die deurgegaan het, het hulle steeds gesê daar is geen praatjies oor nasionalisering nie."

Nog ‘n item op die liga se program is grondverkenning. Die liga wil hê alle grond, buiten woongebiede, moet aan die staat behoort. Hierdie onteiening sonder vergoeding moet gedoen word met die inagneming van wette en wetgewing.

“Toe hulle ons land oorgeneem het, dié wat dit vandag besit, het hulle nie vir enigiemand vergoed nie. Daarom sal dit verkeerd wees om te eis dat hulle iets van ons kry.

“Ons het nie genoeg geld om hierdie grond te koop nie, en as ons die bietjie geld wat ons het hiervoor gebruik, loop ons die risiko om te faal in baie belangrike diensleweringkwessies soos gehalte onderwys, behuising, sanitasie, krag en water.

“Ons probeer hierdie probleem, wat vir ons deur die koloniseerders geskep is, aanspreek, en daarom kan ons nie omgepraat word nie, omdat ons baie sterk hieroor voel en die krisis wat deur koloniseerders geskep is, moet omkeer.”

Wanneer die staat eienaarskap oor die grond het, het Malema gesê, sal dié wat dit wil gebruik vir lisensies moet aansoek doen.

Huurkontrakte sal nie langer as 30 jaar kan duur nie en aansoekers sal moet verduidelik hoe hulle dit tot voordeel van hul mense sal gebruik.

Die regering sal dié wat die grond vir landbou wil gebruik, voorsien van die hulpbronne om te verseker dat dit produktief bly.

Hy het die stadige pas waarteen grond aan swartmense “teruggegee” word gekritiseer en gesê slegs vyf persent word elke 20 jaar oorgeplaas.

“In 100 jaar sou ons 20 persent oorgeplaas het. Ek is nie bereid om deel van daardie mislukking te wees nie. Daarom het ons hierdie radikale program van aksie en die nood vir politieke wil en leierskap in die ANC.”

Malema het die regering se tenderstelsel bevraagteken en gesê dit het die land in ‘n “politieke krisis” gedompel.

“Die staat maak te veel staat op die tenderstelsel en dit het tot ‘n politieke krisis gelei.”

Swak werk word voorsien deur “korrupte maatskappye, van wie sommige saam met die politieke leierskap werk”.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.