Spoorlyn buite Heilbron lok diewe

2011-03-15 09:08
Tweets Share Share line Print

Heilbron - ’n Spoorlyn buite die dorp wat reeds jare in onbruik is, is ’n teelaarde vir misdaad en boere in dié Noord-Vrystaatse gemeenskap wag in vrees op die volgende plaasaanval.

’n Spoorlyn van Dover na die Heilbron-silo’s lok glo daagliks misdadigers wat stukke spoorstawe steel.

Boere vrees dat dié diewe enige tyd op plase kan toeslaan.

Voorts vererger gebrekkige selfoonontvangs dié vrees deurdat die gebruik van ’n selfoon in ’n noodgeval niks gaan help nie.

Een van dié boere, Herman van der Merwe (48) van die plaas Rietvlei, sê hy het reeds 14 waghonde op sy plaas.

“Die spoorlyn is ’n groot aantrekkingskrag. Dit lok ‘groot’ misdadigers. Hulle kom in die dag en lê in die veld terwyl hulle jou dophou. Die diewe slaan dan snags op die spoorlyne toe.”

’n Spoorlyn van 5 km lank loop langs sy plaas verby.

Van der Merwe, wat namens ander Heilbronse boere met Volksblad gepraat het, sê weens die spoorlyndiewe ly boere ook groot veeverliese.

Hy het beeste verloor waarvan die boude afgesny is.

“’n Ander boer in die omgewing het nou 30 beeste verloor.”

Die vermeende bende spoorlyndiewe slag van die beeste op hul misdaadrondes.

Van der Merwe sê hoewel hy nog nie ’n slagoffer van ’n plaasaanval was nie, is dit bloot net ’n geval van “eendag”.

“Ek sit in die veld en my vrou (Gladys) is alleen tuis. Enigiets kan gebeur.”

Hy vermoed vermeende plaasaanvallers het ongeveer 18 maande gelede ’n aanval op sy plaas beplan.

“Hier het mans met groot swart jasse gekom en my plaaswerkers allerhande vrae gevra.”

Van der Merwe sê die opvangs van die selfoonnetwerk is bitter swak.

Dit sny boere af van hulp sou ’n noodgeval ontstaan.

“Ons is uitgelewer aan misdaadelemente weens diensverskaffers se problematiese infrastruktuur.

“Voorts word telefoonlyne gesteel. Die boere hier is mismoedig.”

Mike Asefovitz, woordvoerder van Transnet se vragvervoer-afdeling, sê dié Heilbron-spoorlyn is deel van ’n lyn wat aan private gebruikers bewillig gaan word.

“Op die oomblik is daar egter (nog) ’n moratorium op die verkoop van dié lyne.”

Asefovitz erken diefstal en vandalisme is “reuse-uitdagings”.

Hy sê nietemin het Transnet reeds groot stappe begin doen ter bekamping van die probleem.

“Die maatskappy se opskerping van sy inligting-insameling en intelligensie-operasies is ’n 50%-verbetering. Bewaking van spoorlyne vanaf die grond en vanuit die lug is baie verbeter. Ons werk ook nou saam met die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad, die Valke, en misdaadintelligensie.”

Vodacom het nog nie op ’n navraag van Volksblad reageer nie.

In die mees onlangse plaasaanval in die groter Heilbron-gebied is Helgard Muller (66) van die plaas Mara buite Frankfort dood toe hy in die kop geskiet is met ’n wapen wat glo vroeër in ’n ander plaasaanval gebruik is. Die verdagtes word nie met spoorstaafdiefstal verbind nie.

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  diefstal  |  plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.