Spogskool se saak in camera
2009-08-20 11:36
Johannesburg – Die aanrandingsaak van 12 leerlinge van Parktown Boys Hoër sal Donderdag in camera gehoor word, het ‘n amptenaar van die Johannesburgse landdroshof gesê.
“Die saak het betrekking tot minderjariges, so slegs hul ouers en die betrokke kinders sal teenwoordig wees,” aldus ‘n klerk.
Welsynswerkers wat die seuns se gedrag en persoonlike omstandighede beoordeel het, sal na verwagting hul bevindings Donderdag aan die hof voorlê.
Die saak sou die 20ste Julie voorgekom het, maar is uitgestel om die ouderdom van die seuns te bevestig.
Die groep word aangekla van aanranding nadat hulle jonger leerlinge vroeër die jaar ontrgroen het.
- Sapa