Spogskool laat hare rys oor matrieks se boskasies

2011-10-24 09:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Matriekseuns aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville kon Vrydag eers hul eksamennommer vir die eindeksamen kry ná ’n draai by die haarkapper.

Die ontstelde ma van een van die seuns, wat nie haar naam wil noem nie omdat sy hom nie “verder wil verneder nie”, het Sondag aan Die Burger vertel haar seun en sowat 10 tot 15 ander seuns moes Vrydag hoor hulle mag nie hul eksamennommers kry wat op die antwoordstelle vir die eindeksamen ingevul moet word nie, omdat hul hare te lank is.

Volgens die ma was haar seun se hare nie besonder lank nie, maar dit het aan sy kraag geraak.

Hy het haar omstreeks 08:40 ontsteld gebel en die situasie verduidelik. Sy het hom aangeraai om maar sy hare te laat sny en dan terug te keer na die skool vir sy eksamennommer. Dit is toe wat hy gedoen het.

Hoewel sy glo hy mag nie verbied word om eksamen te skryf nie, wou sy nie só ’n kans waag wanneer hy vanoggend vir sy Engelsvraestel by die skool opdaag nie.

Sy het gesê sy kan nie begryp waarom hy in die eksamentyd aan só iets onderwerp moes word nie. Sy meen die skool is kleinlik daaroor.

Die skoolhoof, Joh Dorfling, het Sondag bevestig sommige seuns is hul eksamennommers geweier totdat hul haarlengte aan skoolvoorskrifte voldoen het.

“Dit is gedoen om hulle te beskerm,” het sy gesê en verduidelik die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) vereis dat leerders tydens die eindeksamen netjies en in skooldrag moet wees.

Sy was bevrees dat van die leerders in die sop kon beland by die monitors wat die eindeksamen dophou indien hulle nie netjies is nie. Sy het te kenne gegee dat die leerders nie verbied sou word om hul eksamen af te lê indien hulle nie hul hare gesny het nie.

Na Dorfling se wete het al die seuns teen Vrydagmiddag hul nommers bekom.

“Ek kan regtig nie sien waar die skool verkeerd is nie,” het sy gesê.

“Hoekom sal ’n ouer nie wil hê haar kind moet netjies lyk nie?” het sy gewonder.

Die WKOD kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: skole  |  matrieks  |  matriekeksamen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.