Spogplase in gedrang

2010-10-28 07:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Tientalle spogplase in die Viljoenskroon-gebied word bedreig nadat ’n omstrede mynmaatskappy die reg verkry het om op 162 plekke langs die Vaalrivier vir steenkool te prospekteer.

Die departement van minerale bronne het die prospekteerregte toegeken sonder dat grondeienaars langs die rivier gekonsulteer is – iets wat wetlik vereis word.

Omgewingskenners is dit eens dit sal lei tot steenkoolmyne langs die Vaalrivier en dat dit ’n ekologiese katastrofe vir Suid-Afrika se belangrikste rivier inhou.

Die prospekteerreg is aan Imperial Crown Trading (ICT) toegeken. ICT het noue bande met die ANC en was onlangs in die nuus toe hy mineraalregte vir 21,4% van die Sishen-staalmyn in die Noord-Kaap verkry het.

Dié regte is sowat R9miljard werd en het pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, in ’n potensiële multi-miljoenêr verander.

’n Stigterlid van ICT, adv. Phemelo Sehunelo, het Woensdag erken dat sy maatskappy “nog nie met grondeienaars gekonsulteer het nie”.

Die wet vereis dat breedvoerig met grondeienaars gekonsulteer moet word voordat lisensies toegeken kan word. Grondeienaars moet ook geleentheid gebied word om op ’n omgewingsbestuursplan kommentaar te lewer. Nie een van die boere is gekonsulteer nie.

Die Viljoenskroonse Landbou-unie het vandeesweek met hul regsverteenwoordigers vergader om te besluit hoe hulle daarop gaan reageer.

Dit is nog onbekend presies op hoeveel plase daar prospekteerregte is, maar die voorsitter van dié unie, Jan Potgieter, het gesê daar is baie min plase wat nie geraak word nie.

Hy het gesê van die boere het in Junie kennisgewings van ICT en nog ’n mynmaatskappy ontvang dat hulle op plase wil prospekteer. Die boere het dié briewe vir hul prokureur aangestuur.

Dié prokureur, mnr. Dawid Senekal, het gesê hy het aan die maatskappye teruggeskryf en hulle uitgenooi om met die boere te kom konsulteer. Hy sê hulle het nooit weer iets gehoor nie.

Dit blyk nou dat ICT reeds in Mei verlede jaar om dié prospekteerlisensies aansoek gedoen het en dat dit kort daarna deur die departement bloot goedgekeur is.

’n Woordvoerder van die departement het by navraag gesê amptenare is besig om ICT se aansoek te bestudeer en sal vandag kommentaar lewer oor die wyse waarop die lisensie toegestaan is.

Potgieter het gesê die boere het hul prokureur opdrag gegee om eers vas te stel presies wat aan die gang is en hoeveel boere geraak word voordat hulle op enige regsaksie gaan besluit.

“Dit is ’n plaasgemeenskap dié en wat gaan gebeur as hier nou skielik myne kom?

“Ons water en grond gaan verswak. Ons is bekommerd dat ons nie meer kos sal kan produseer nie.”

’n Voorste omgewingspesialis, dr. Koos Pretorius, het gesê hy vind Sehunelo se uitlating verstommend.

“Die wet is nie nagekom nie en die aansoek moes nooit goedgekeur gewees het nie. Dit is ’n skandaal wat baie ernstige gevolge vir die omgewing inhou.”

Pretorius, wat ook direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing is, het gesê die toekenning van die prospekteerregte beteken dat die regering in beginsel besluit het om steenkoolmyne langs die Vaalrivier toe te laat.

Hy het gesê myne kan die rivier vir honderde kilometers vergiftig en miljoene mense se drinkwater bedreig. Die Vaalrivier is die enigste varswaterbron vir meer as 10miljoen mense – ’n vyfde van die bevolking. Dele van die rivier aan die onderkant van die Vaaldam is reeds deur mynbedrywighede só besoedel dat sy water bykans ondrinkbaar is.

- Volksblad

Lees meer oor: plase

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.