Speurder op vermiste Wimpy-bestuurder se spoor

2011-10-20 09:03
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Private speurder van Bloemfontein is warm op die spoor van die vermiste Wimpy-bestuurder van die stad, Steven Williamson (30).

Dié getroude Bloemfonteiner is reeds byna twee weke soek.

Sedert sy verwyning is sy foto en beskrywing oor die land heen versprei in die hoop om hom veilig op te spoor.

Leon Rossouw, bekende selfoonspeurder, het Woensdag teen druktyd gesê waardevolle inligting kom sedert sy verdwyning na vore en alle leidrade word opgevolg.

Williamson het verdwyn nadat hy aan ’n gholfdag van die Kanker-vereniging van Suid-Afrika (Kansa) in die Tempe-weermagbasis deelgeneem het.

Hy is die oggend van Saterdag 8 Oktober die laaste keer in die stad gesien nadat hy die vorige nag by verskeie kuierplekke was.

’n Klag van diefstal teen Williamson is deur Daan van der Vyver, eienaar van die Wimpy-restaurant op Prellerplein, ingedien nadat geld uit die restaurant se brandkluis geneem is, maar weer later teruggetrek.

Van der Vyver het gesê hy wil Williamson nie vervolg nie.

Hy wil net hê hy moet veilig terugkom.

Williamson se vrou, Béola, bid elke dag haar man moet terugkeer.

’n Facebook-groep, Search for Steven Williamson, het Woensdagaand 2 185 lede gehad.

Dit het talle boodskappe van ondersteuning en gebede.

Daar word ook voorgestel dat daar Saterdag ’n bid-byeenkoms met kerse in die stad moet wees vir sy veilige terugkeer.

Sy vrou het geskryf: “Dis moeilik om dag in en dag uit net die hele tyd positief te bly. En dan het ek hierdie intense verlange! Voel of ek mal wil word ... En ek bekommer my dooooooood oor hom!”

Rossouw het mense gevra om steeds op die uitkyk te wees vir Williamson se motor.

Enigiemand met inligting kan hom by 083-410-0900 bel of ’n e-pos stuur aan info@detectives.co.za.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.