Spesiale reëlings getref om werkstaking te troef

2010-04-12 10:00
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard

Kaapstad en Johannesburg - Spesiale reëlings vir vullisverwydering geld van vandag vir die verloop van die staking deur lede van die SA Munisipale Werkersunie (Samwu) wat vir die Kaapstadse munisipaliteit werk.

Optogte word vir die eerste drie dae van die staking beplan, luidens ’n persverklaring deur mnr. André Adams, Wes-Kaapse voorsitter van Samwu.

Nooddienste sal nie deur die staking geraak word nie.

Die landwye staking van meer as 60 000 munisipale werkers, onder wie ook verkeerslui, gaan voort nadat ’n aansoek om ’n dringende hofbevel deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Owerhede (Salga) om die staking verbied te kry, in die naweek misluk het.

Volgens Siphiwo Ndunyana, provinsiale sekretaris van Samwu, het die regter besluit Salga se aansoek om ’n interdik is nie dringend genoeg nie.

Salga se uitvoerende hoof, Xolile George, sê dit beteken nie dat die hof daaroor besluit het of die beplande staking wettig of onwettig is nie. “Indien werkers wel staak, is dit op eie risiko. As ’n hof wel later sou besluit dat die staking onwettig en onbeskermd is, kan werknemers ingevolge die wet geskors word,” het George aan Sapa gesê.

Samwu, wat beweer hy het 130 000 lede landswyd, het in ’n verklaring gesê die unie het geduld verloor met die “vertragings en die algemene onverantwoordelike houding” van Salga se onderhandelings met Samwu. Hy is ontevrede omdat die munisipale posevalueringsproses sedert 2003 sloer, markverwante lone nie vir al sy lede geld nie en daar ’n gebrek aan regsverteenwoordiging vir sy lede in tugverhore is.

Optogte word vir vandag in Kaapstad (na die Burgersentrum), Worcester, Paarl, Hermanus, Caledon, Saldanha, Piketberg, Vredendal, Beaufort-Wes, Oudtshoorn en Knysna beplan. Môre word optogte in Kaap Agulhas, Ceres, Ashton, Malmesbury, Clanwilliam, George, Mosselbaai en Plettenbergbaai beplan, en Woensdag in Swellendam, Stellenbosch, Ladysmith en Riversdal.

Die stakers is van plan om op die dae waarvoor daar nie optogte beplan is nie, buite die administrasiegeboue van die onderskeie munisipaliteite te betoog.

In Kaapstad het die stadsraad inwoners gevra om hul vullisdromme volgens die gewone rooster uit te plaas. Indien die dromme nie op die geskeduleerde dag leeggemaak word nie, moet dit buite gelaat word sodat die werkende munisipale werkers dit later kan verwyder wanneer agterstallige werk ingehaal is.

Indien inwoners self vullis wil wegneem, kan die inbelsentrum by 086 010 3089 gekontak word vir inligting oor die naaste stortingsterrein.

Luidens ’n verklaring deur die Kaapse stadsraad kan skoonmaakdienste soos straatvee, die leegmaak van openbare vullisblikke asook die verwydering van afval wat onwettig gestrooi is, ook geraak word. Inwoners is gevra om geduldig te wees.

Toegang tot die Burgersentrum in die middestad gaan om veiligheidsredes beperk word tot mense wat byvoorbeeld hul diensterekeninge en motorlisensies wil betaal.

Lede van die publiek kan die metropolisie se radiokamer by 00215961999 bel indien stakende werkers hulle wangedra.

- Die Burger

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.