Speletjie loop lelik skeef

2010-03-22 07:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Speletjie tussen twee polisiebeamptes met ’n Z88-pistool het gister in die Seepunt-polisiekantoor byna die lewe van ’n studentekonstabel geëis.

Só het Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Klagte­direktoraat (OKD), Sondag gesê nadat aanvanklik gesê is die beampte is geskiet terwyl hy en ’n kollega ’n nuwe veiligheidsmeganisme getoets het.

Die 24-jarige polisieman, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is om 08:05 deur die 9 mm-koeël in die kop getref toe hy en sy kollega aan mekaar probeer demonstreer het dat ’n vuurwapen steeds afgeneem kon word al is dit van ’n nuwe veiligheidsmeganisme voorsien.

Die gewonde is inderhaas na ’n Kaapse hospitaal gebring, waar hy ’n noodoperasie ondergaan het. Hy is in ’n koma en sy toestand is kritiek.

Die meganisme bestaan onder meer uit ’n koord wat aan die vuurwapen en sy holster vas is, maar wat die beampte steeds toelaat om sy wapen te hanteer.

Die polisieman wat die skoot afgetrek het, is ’n 29-jarige konstabel verbonde aan die Seepuntse polisiekantoor.

Volgens Dlamini het die 29-jarige polisieman voor die voorval die magasyn uit die pistool gehaal, maar klaarblyklik nie daarmee rekening gehou dat daar steeds ’n patroon in die wapen was nie.

Die voorval word deur die polisie in samewerking met die Onafhanklike Klagte­direktoraat (OKD) ondersoek. Indien die konstabel sterf, sal dit ’n onafhanklike ondersoek van die OKD word.

Kapt. Frederick Van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die 29-jarige konstabel is na die voorval ondervra en die vuurwapen het ballistiese toetse ondergaan.

Hy is nie in hegtenis geneem nie, maar ’n klag van poging tot moord word ondersoek.

Polisielede wat in die vertrek was toe die voorval plaasgevind het, het berading ontvang.

Die polisiekantoor was ná die voorval vir die publiek gesluit en ’n tydelike kontakpunt is buite die perseel opgestel.

Volgens dr. Johan Burger, wapenkenner en senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies, bevind polisiebeamptes hulle dikwels in baie moeilike situasies waar hulle binne sekondes moet reageer.

Daarom hou die meeste polisiebeamptes gewoonlik hul vuurwapens gespan, maar met die veiligheidsknip aan.

Dit is baie onwaarskynlik dat die wapen as gevolg van ’n meganiese fout vanself sou afgaan.

Oor die algemeen word polisiebeamptes in Suid-Afrika baie goed in wapenveiligheid opgelei.

Adv. Lennit Max, provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, het gesê die voorval is betreurenswaardig.

“Wapenveiligheid is ’n baie hoë prioriteit vir die polisie. Hantering- en beveiligingsopleiding word gereeld met polisielede gedoen.”

’n Deeglike ondersoek na die voorval sal gedoen word om vas te stel wat presies gebeur het.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.