Spandabelrige minister se dae getel
2011-05-08 14:35
Johannesburg – Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, se dae in pres. Jacob Zuma se kabinet is getel.
Shiceka leef op geleende tyd nadat die Sunday Times onthul het dat hy glo onder meer sowat R640 000 in een jaar bestee het om in die One & Only-hotel in die V&A Waterfront te bly.
Drie mense in die binnekring van die ANC het aan die Sunday Times gesê dat Shiceka, wat vir die afgelope twee maande op siekteverlof is, nie die omstredenhede sal oorleef nie.
'n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het gesê: "Sicelo kan nie sy verkwisting verdedig nie. Hy het die land verneder. Hoe gaan kuier hy vir 'n vriendin wat in die tronk is vir dwelms in die tronk met die belastingbetaler se geld?"
Nathi Mthethwa, waarnemende minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, het personeel verbied om oor "werksaangeleenthede" met Shiceka te praat.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter