Soweto-vrou vas vir bedrog
2011-04-07 23:00
Johannesburg – ‘n 37-jarige vrou van Soweto is in hegtenis geneem nadat sy verbind is met bedrog van sowat R85 000, het die polisie in Gauteng Donderdag gesê.
“Die vrou is in Orlando West, Soweto vasgetrek,” het konst. Sibusiso Chauke, polisiewoordvoerder, bekend gemaak.
Die verdagte het glo ‘n huis in Dube op die internet te koop aangebied.
‘n Vrou het toe ‘n deposito van sowat R85 000 op die huis betaal.
“Die slagoffer het onraad vermoed toe die vrou nooit opgedaag het vir ‘n afspraak om die huis te besigtig nie,” het Chauke gesê.
Die 37-jarige vrou sal Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA