Soweto-man vas weens verkragting
2010-08-08 23:16
Johannesburg – ‘n Veertigjarige man van Soweto is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 50-jarige vrou verkrag het, het die polisie Sondag gesê.
“Die vrou het glo in haar huis in Jabulani geslaap toe die voorval plaasgevind het,” het ao. Kay Makubela, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die verdagte het die vrou glo beveel om haar klere uit te trek. Hy het haar daarna verkrag en op die vlug geslaan.”
Die vrou het die man glo geken.
Die polisie is ontbied en die man is Saterdagaand in hegtenis geneem.
Hy sal Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA