'Sondagverkragter' in hof
2011-12-13 10:27
Johannesburg – Die man wat in verband met die ontvoering en moord van Louise de Waal gearresteer is sal Dinsdag in die Krugersdorp landdroshof verskyn.
Johannes Jacobus Steyn staan tereg op 13 aanklagte van verkragting, 10 van ontvoering, een van moord en ses van seksuele aanranding.
Steyn het De Waal na bewering in Roodepoort ontvoer net voordat sy haar 17de verjaardag in Oktober sou vier. Haar gebrande lyk is later op dieselfde dag van haar ontvoering op 'n plaas in Magaliesburg gevind.
Steyn het homself die volgende dag aan die polisie oorhandig.
Hy het aan die polisie erken dat hy die sogenaamde "Sondagverkragter" is maar gesê hy is nie De Waal se moordenaar nie.
Steyn het na bewering 'n aantal jong meisies in Gauteng en die Noordwes sedert 2008, meestal op Sondae, verkrag.
Twee aanklagte van ontvoering wat hy na bewering in Rustenburg en Potchefstroom in die Noordwes gepleeg het, sal ook in die Krugersdorp-landdroshof aangehoor word.
Dít nadat die staat gevra het dat al die sake teen hom gesentraliseer word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA