Sondag-verkragter gesoek

2010-12-01 06:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die man uit wie se bakkie Lazanne Farmer van Pretoria-Wes na haar dood gespring het, is ’n reeksverkragter wat ook met vyf ander voorvalle verbind word.

Lazanne is op Sondag 5 September dood nadat sy saam met ’n vriendin ontvoer is. Sy het haar nek gebreek toe sy uit die ontvoerder se bakkie gespring het. Hy word nou vir haar moord gesoek.

Die man het haar 16-jarige vriendin daarna na ’n beboste gebied langs die Hennopsrivier geneem, ’n drankie gegee om te drink, kaal uitgetrek en verkrag.

Die Gautengse polisie het gister bekend gemaak hy word nou met vyf ander verkragtings sedert Maart verlede jaar in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Carletonville en Rustenburg verbind.
Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, slaan hy veral op Sondae toe.

Al ses voorvalle het tussen 10:00 en 13:00 plaasgevind.

Die Afrikaanssprekende man, van tussen 20 en 35 jaar oud, ry veral in woonbuurte rond en ontvoer 11- tot 18-jarige meisies wat van die kerk of kafee af huis toe stap.

Dit lyk asof hy vir padaanwysings wil vra voordat hy ’n vuurwapen op sy slagoffers rig en hulle in die bakkie indwing.

Sowat ’n maand gelede is ’n Krugersdorpse meisie só ontvoer, geblinddoek en sowat 30 km buite Krugersdorp verkrag. Sy het daarna by ’n plaas in die Hekpoort-omgewing gaan hulp soek.

Lazanne, ’n leerling aan die Hoërskool Elandspoort, het die dag van haar dood saam met haar vriendin van Elandspoort na Danville gestap toe die aanvaller langs hulle stilhou.

“Toe hy stilhou, het ek gedink hy soek aanwysings, maar toe hy ’n gun op ons rig, het ek geweet ek is in die moeilikheid,” het die 16-jarige meisie daarna gesê.

Sy het geskat die man kan tussen 27 en 28 jaar oud wees en gesê hy het blou oë en plooie.

Me. Henriette Farmer (29) het destyds ná die dood van haar suster gesê: “Ek hoop hulle vang die vark sodat hy nie ander mense se kinders van hulle kan wegvat nie.”

Al ses sake word nou deur die gesinsgeweld-, kinderbeskerming- en seksuele misdrywe-eenheid van die Krugersdorp-polisiegebied ondersoek.

Die polisie het enigiemand met meer inligting oor waar die man hom moontlik kan bevind, gevra om ao. Peet du Toit by 011 951 1394 te bel.

)Die polisie het ook bekend gemaak hulle soek na ’n tweede reeksverkragter wat betrokke kan wees by 15 verkragtings in die polisiewyke Randburg, Sandton, Alexandra en Douglasdale in Johannesburg en Wierdabrug in Centurion, berig Sapa.

Hy is glo die seun van ’n minibus-taxibestuurder.

Die man is waarskynlik nou in Giyani, Limpopo.

Volgens Dlamini is die man se pa en nog ’n verdagte in Augustus 2009 gearresteer. Hul sake is tans voor die Alexandra-streekhof.

“Die verdagtes sal vroulike passasiers oplaai en tot by Olievenhoutbosch in die oop veld ry, waarna hulle die slagoffers sal verkrag en van hul besittings beroof,” het Dlamini gesê.

Kenmerke

    * Hy is Afrikaanssprekend.
    * Hy dra ’n pruik van swart, steil hare, donkerbrille en sonpette van verskillende kleure.
    * Hy hou daarvan om driekwartbroeke van seilstof en T-hemde te dra.
    * Hy ry rond in verskillende bakkies, enkel- én dubbel-kajuit. Hulle is gewoonlik wit en het geen nommerplate nie. 

Volg Beeld op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mummy.dearest.9 sê... Ek dink nie die Mkwanazi vent is baie gewild in die regering nie. Eish. Sterkte, want hulle SAL jou probeer uitwerk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.