Sommige Valsbaai-strande weer oop
2011-09-30 15:17
Kaapstad – Sommige strande in Valsbaai is weer oop terwyl ander steeds gesluit is ná die onlangse haai-aanval naby Vishoek, het die stad Kaapstad Vrydag gesê.
Gregg Oelofse, ‘n woordvoerder, sê strande in Muizenberg, St. James en Kalkbaai is twee dae ná die aanval weer oop.
Strande in die gebied is Woensdag gesluit nadat Michael Cohen (43), ‘n Britse man, aan die Clovelly-kant van Vishoekstrand aangeval is.
Swem word steeds by Glencairn, Vishoek en Clovelly verbied.
“Lede van die publiek word versoek om personeellede by die strande se instruksies te volg...” het Oelofse in ‘n verklaring gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA