Somerset-Wes: Vrou steek eie man dood
2010-01-09 19:05
Johannesburg - 'n Vrou van Somerset-Wes het haar man met 'n mes doodgesteek terwyl vier van die egpaar se ses kinders in die huis was.
Die 42-jarige vrou het haar man van dieselfde ouderdom Saterdag rondom 11:00 tydens 'n argument aangeval, het konst. Suzan Jantjies van die Wes-Kaapse polisie gesê.
Sy het haarself kort daarna by 'n polisiestasie aan owerhede oorgegee.
Polisiebeamptes het haar man se lyk by die egpaar se huis gevind.
Vier van die egpaar se ses kinders was in die huis tydens die voorval, het die konstabel gesê.
Die kinders ontvang trauma-berading.
Die vrou sal Maandag in Somerset-Wes se landdroshof verskyn op aanklag van moord.
- Sapa