Solidariteit-vrywilliger geskors ná beweerde verkragting
2012-02-23 15:00
Johannesburg –Solidariteit se liefdadigheidsafdeling, Helping Hand, het ‘n vrywillige werker geskors, het die organisasie in ‘n verklaring gesê.
Dit kom nadat die vrywilliger in die hof verskyn het op aanklag van verkragting.
Daar word beweer dat die werker ‘n 12-jarige seun verkrag het.
Sapa het vroeër berig dat die verdagte 'n 60-jarige man is.
Helping Hand sê hy sal die polisie sy samewerking gee in die ondersoek.
Verteenwoordigers van Helping Hand het reeds die kind se ouers ontmoet en die familie sy bystand aangebied.
Die gesin is besig om berading te ontvang.
Luidens die verklaring is die beskuldigde nie ‘n werknemer van Helping Hand nie en het nooit geld van die organisasie ontvang nie.
Die voorval het buite Gordonsbaai plaasgevind in ‘n karavaan wat deur Helping Hand geskenk is om die seun se behoeftige ouers te help, het The New Age vroeër berig.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA