Solidariteit: ‘Skiet die Boer’ dalk uitlokking tot moord

2010-05-05 14:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die sing van “Dubul’ ibhunu” (Skiet die Boer) deur die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, kan ingevolge die Strafproseswet as uitlokking tot moord beskou word, het die vakbond Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI) Woensdag gesê.

Volgens Johan Kruger, hoof van die SNI, is daar sterk gronde vir die argument dat Malema se optrede op uitlokking tot moord neerkom.

“Kort ná Malema die lied in die openbaar gesing het, het verskeie organisasies regsprosesse aan die gang gesit om te verhoed dat hy dit weer sing. AfriForum het hom selfs tot die hooggeregshof gewend en daarin geslaag om 'n interdik te kry wat Malema verbied om die lied te sing. Daarbenewens is daar ook nou 'n klag van haatspraak teen dié leier gelê,” sê Kruger volgens 'n verklaring op Solidariteit se webwerf gesê.

Kruger meen dat Malema hom moontlik ook skuldig maak aan 'n verdere misdaad, naamlik uitlokking tot moord, deur die lied te sing.

In 'n navorsingsdokument wat Kruger oor die moontlike regsimplikasies van Malema se sing van die lied saamgestel het, beklemtoon hy onder meer dat die bekende strafreggeleerde professor CR Snyman aan die SNI bevestig het dat hierdie optrede van Malema inderdaad neerkom op die pleeg van die misdaad uitlokking tot moord.

Die SNI hou vol dat, selfs al word daar uiteindelik geen moord gepleeg nie, iemand steeds aan uitlokking tot moord skuldig bevind kan word.

As daar egter wel 'n moord gepleeg word, kom die kwessie van medepligtigheid aan moord ter sprake.

“Hoewel Malema se sing van die lied nie op 'n enkele individu gemik is nie, beteken dit ook nie dat hy nie van uitlokking tot moord aangekla kan word nie,” verduidelik Kruger. “Die appèlhof in Bloemfontein het in 1960 'n persoon skuldig bevind aan uitlokking om 'n misdaad te pleeg ten spyte daarvan dat die uitlokkende woorde nie op 'n spesifieke persoon gerig was nie. In Malema se geval kan dieselfde argument aangevoer word.”

Kruger benadruk daarbenewens dat as 'n klag van uitlokking tot moord teen Malema gelê word en die staat besluit om hom nie te vervolg nie, daar steeds die geleentheid vir privaatvervolging bestaan.

-Nuus24

-Volg Nuus24 op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema  |  moorde  |  solidariteit

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.