Soldate se verhogings 'ten koste van aankope'

2009-12-18 07:58
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani

Kaapstad - Soldate in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gaan salarisverhogings van tot 98% kry, maar dit sal ten koste van die regering se langtermynprogram vir aankope wees.

Dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het Donderdag dié aankondiging by die militêre basis Youngsfield in Wynberg gedoen.

Dit sal die regering van nou tot April aanstaande jaar R621 miljoen uit die sak jaag.

Boonop is ’n bonus van R1 688 Woensdag betaal aan alle soldate wat die weermag se gedragskode nakom.

Soldate wat hulle tydens betogings vroeër vanjaar by die Uniegebou in Pretoria aan wangedrag skuldig gemaak het, het nie vir dié bonus in aanmerking gekom nie.

Sisulu het aan soldate gesê die maandelikse salaris van soldate in hul eerste jaar van opleiding sal van R2 643 tot R4 318 verhoog word.

Soldate in hul tweede jaar van opleiding, wat tot dusver dieselfde as nuwe rekrute verdien het, sal nou R5 343 per maand kry.

Dié verhogings is van 1 Desember af van krag en soldate sal teen volgende Woensdag alle uitstaande geld ontvang.

’n Weerman se maandelikse salaris gaan van R5 286 tot R7 871 styg, dié van ’n onderkorporaal van R6 149 tot R8 519, terwyl ’n korporaal voortaan R9 222 verdien, sowat R2 000 meer as voorheen.

Hoewel dié besluit nie voor die kabinet vir goedkeuring gedien het nie, het pres. Jacob Zuma op Versoeningsdag aangekondig soldate gaan ’n stewige salarisverhoging kry.

Dié verhogings is aanvanklik beplan vir die mediumtermyn-begroting wat in April aanstaande jaar in werking tree, maar die regering wou die kwessie vroeër aanspreek.

Daar is besluit om voorlopig geld te “leen” by projekte wat nie onmiddellik aandag verg nie.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riekie sê... DIE MAAK MENS HAAT MET 'N PASSIE!!!!!! Dit maak my so be..k om soiets te lees en te hoor. Dis way way WAY past menslikheid. Ek dan skreeu die onnosele idiotiese ongeletterde comerates oor dinge soos 'n verdomde skildery terwyl die wat vir ons dierbaar is vermoor word regom hulle en nie 'n vinger word gelig om daadwerklik op te tree nie. MAG DIE WAT VERANTWOORDELIK IS HIERVOOR IN DIE HEL BRAND!!!!!!!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8 EXECUTIVE AT
1999
R 79,990.00

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2003
R 101,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.