Soldate sal wéér betoog
2009-08-28 17:28
Pretoria- Die soldate sal voortgaan met hulle betoging totdat die minister van verdediging ‘n ordentlike loonaanbod vir hulle gee, het die Suid-Afrikaanse Verdedigingsunie (Sandu) Vrydag gesê.
“Ons vra dat die minister ‘n ordentlike aanbod maak. As dit nie gebeur nie sal ons voortgaan met die betogings vanaf 2 September,” het Mosima Mosima, president van die Sandu, gesê.
Volgens Mosima het die soldate nie ‘n hofbevel oortree toe hulle Woensdag by die Uniegebou saamgekom het nie.
“Teen die tyd wat ons die hofbevel ontvang het was die soldate reeds by die gebou. Die polisie het voorgestel dat die soldate skuif.”
Mosima beweer dat die polisie eers ‘n deel van hulle groep met water begin spuit het en daarna het die chaos losgebars.
“Dit het tot gevolg gehad dat die polisie geweldadige en onnodige aksie geneem het,” het Mosima gesê.
–Sapa