'Soldate maak skandes'
2009-08-26 18:59
Kaapstad - Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, sê die soldate wat Woensdag by die Uniegebou betoog het was skandalig en onwettig en het die land in gevaar gesit.
"Die departement kan nie hierdie tipe gedrag en anargie deur ons land se soldate toelaat nie”, het Sisulu tydens ‘n mediakonferensie in Kaapstad gesê.
Volgens Sisulu het hierdie lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) die land in gevaar getel omdat hulle nie beskikbaar was vir diens, sou dit nodig wees nie.
Sisulu het ook gesê dat hy die hoof van die weermag gevra het om diegene wat betrokke was by die betogings dadelik te skors.
Die protesoptog deur SANW-soldate is vroeër Woensdag deur die hooggeregshof in Pretoria onwettig verklaar nadat die soldate aansoek gedoen het om ’n optog na die Uniegebou te voer oor salarisse.
- Sapa