Soldaat skiet balju
2009-10-17 04:09
Pretoria – ‘n Lid van die Suid-Afrikaanse weermag is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n balju van die hof geskiet het en veroorsaak het dat ‘n slotmaker by ‘n woonstel in Pretoria uitval.
Volgens Tshwane polisiewoordvoerder, kapt. Tessa Jansen, het die voorval om 09:00 by Read Towers plaasgevind.
Die balju en die slotmaker het die 40-jarige soldaat by die woonstel op die hoek van Read- en Prinsloostraat besoek met die doel om sekere van sy besittings te konfiskeer.
Hulle het dit gedoen as ‘n bevel van die landdroshof in Pretoria.
Janse het gesê dat dit nog nie duidelik was hoekom die twee besittings van die soldaat moes konfiskeer nie.
“;n Slotmaker het sy woonstel se deur op die derde vloer oopgemaak en hulle het hulleself aan hom voorgestel. Maar die lid van die weermag het sy dienspistool uitgehaal en het een skoot in die balju se maag geskiet. Hy het inmekaar gestort en gekreun van die pyn.”
“Die slotmaker het probeer wegkom, maar hy het tot op die tweede vloer van die gebou geval en sy regter been en hand gebreek,” het Jansen verduidelik.
Die soldaat het homself toe in die woonstel toegesluit.
Die ander inwoners het gesien wat gebeur het en het die polisie gekontak.
Die polisie het in groot getalle opgedaag en met die man onderhandel om die deur oop te maak.
“’n Onderhandelaar is na die toneel ingeroep om met die man te praat en hy het homself na twee ure opgegee,” het Jansen gesê.
Die twee slagoffers is na ‘n hospitaal geneem in ‘n ernstige kondisie.
“Ons het die man in hegtenis geneem en hy is aangekla vir moord. Daar word verwag dat hy binnekort in die Pretoriase landdroshof gaan verskyn,” het Jansen gesê.
- Sapa