Sokkerspeler in hof ná hy 188 km/h jaag
2011-07-11 15:40
Pretoria – 'n 26-jarige sokkerspeler wat op 188 km/h op die N1 betrap is, het Maandag vlugtig in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.
Die saak teen Jeffrey Ntuka-Pule is tot Dinsdag uitgestel vir verdere ondersoek.
Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, het gesê die sokkerspeler is Sondag naby Vanderbijlpark in hegtenis geneem en is dieselfde dag op borgtog van R1 000 vrygelaat.
"Hy het 188 km/h gery en het beweer dat hy op pad was na sy siek kind in Kroonstad."
Ntuka-Pule is 'n verdediger vir SuperSport United en het 10 wedstryde vir die Suid-Afrikaanse o.23-span gespeel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA