Sokker-rowers se saak uitgestel
2010-06-21 22:21
Nelspruit - Ses boewe wat glo 'n sokkertoeris van Chili beroof het, se saak is Maandag in die spesiale 2010-hof in Nelspruit uitgestel, het polisie gesê.
Die booswigte sal weer Vrydag in die hof verskyn, aldus kapt. Leonard Hlathi.
Die mans het glo die Pine Inn-hotel in Witrivier op 6 Junie van R4000 beroof, voordat hulle 'n vuurwapen op die 33-jarige Sergio Divona gerig het, sy skoene en selfoon gegryp en in die pad geduik het.
Divona was nie in die hof nie, hoewel daar van hom verwag word om teen die verdagtes te getuig.
- Volg Nuus24 op Twitter.