Soektog na dowe skoolmeisie duur voort
2010-11-11 10:07
Johannesburg – Die Wes-Kaapse polisie het Donderdag voortgegaan met hul soektog na ‘n 17-jarige meisie van die Noluthando Skool vir Dowes in Khayelitsha, Kaapstad, wat dié week vermis geraak het.
“Ons is nou baie bekommerd... die meisie is doof, stom en het ook die intelligensie van ‘n tweejarige wat dit soveel erger maak,” het kapt. Anneke van der Vyver gesê.
Volgens Van der Vyver werk die polisie hard om haar te vind, maar sover het hulle geen leidrade nie.
Lumka Lengisi is Dinsdagoggend laas gesien toe sy in ‘n skoolbus in Lansdowne-weg was.
Lengisi is ‘n swart meisie, 1,5m lank, doof en stom.
Die laaste keer wat sy gesien is, het sy ‘n donkerblou romp, ‘n wit hemp en ‘n donkerblou trui gedra.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA