Soektog na Hammerl se oorskot gaan voort
2011-12-15 15:42
Pretoria – Die soektog na die oorskot van die fotograaf Anton Hammerl gaan steeds voort, het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking Donderdag gesê.
Nkoana-Mashabane het tydens 'n mediakonferensie in Pretoria gepraat en gesê die regering is in kontak met die Libiese regering om verder na die oorskot te soek.
Volgens haar was dit moeilik om die soektog voort te sit sedert die Libiese leier Muammar Gaddafi omvergewerp is.
Maar sedert daar weer 'n regering in plek is, kan die soektog voortgaan.
Hammerl het op 5 April vermis geraak terwyl hy die oorlog in Libië gedek het.
"Die soektog is nie beeïndig nie," het Nkoana-Mashabane gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA