Soektog geloods na mans wat poskantoor beroof
2012-02-03 19:47
Pretoria – ‘n Soektog na vier mans is geloods nadat hulle die poskantoor in Namakgale, Phalaborwa, Vrydagoggend beroof het, het die polisie in Limpopo gesê.
Lt. kol. Mohale Ramatseba sê drie van die rowers het in die aand deur die dak van die poskantoor geklim en vir werknemers gewag.
“Toe die werknemers vanoggend (Vrydagoggend) by die werk opdaag is hulle deur die rowers met gewere gedreig en gedwing om op die grond te lê. Daar word verneem dat die vierde verdagte buite die bank gewag het,” het Ramatseba gesê.
Nadat hulle ‘n onbekende hoeveelheid geld geneem het, het die mans weggehardloop en ‘n ruk later ‘n BMW gekaap.
Die voertuig is in later in Namakgale gevind.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting kan die Namakgale-polisiestasie op 015 769 1531.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA