Sodomie-bewerings 'absurd', sê ET se vrou

2012-01-31 13:05
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Die vrou van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre'Blanche, het in die hof gesê 'n bewering van die moordbeskuldigde Chris Mahlangu, dat Terre’Blanche hom gesodomiseer het, is absurd.

Dié bewering is Dinsdag aan Terre’Blanche se vrou, Martie, genoem tydens haar kruisverhoor in die hooggeregshof in Ventersdorp in die Noordwes.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar,” het Martie gereageer.

“Eugene sal nooit in sy hele lewe so iets doen nie.”

Kgomotso Tlouane, die prokureur van die moordbeskuldigde Mahlangu, het haar gevra of sy bewus was dat Mahlangu voor en op die dag van die moord gesodomiseer is.

“As ek na sy integriteit en politieke siening kyk is dit absurd,” het sy gesê.

Tlouane het haar ondervra oor die lewensomstandighede van die twee beskuldigdes, die kos wat hulle geëet het en haar oorlede man se salarisooreenkomste.

Martie het gesê Terre’Blanche het sy werknemers nooit op ‘n Vrydag betaal nie, aangesien hulle dan al hulle geld oor die naweek sal spandeer.

“Eugene het probeer om hulle (die werkers) te help, want hul geld was binne ‘n dag op.”

Tlouane het bevestig dat geen salarisse op die dag van Terre’Blanche se moord, 3 April 2010, betaal is nie.

Hy het gesê Mahlangu het beweer dat hy nie ingelig is van die salarisooreenkoms nie.

Volgens Martie het sy geweet Mahlangu se salaris is minder as die voorgestelde minimumloon en sy het bygevoeg: “Hy was bereid om daarvoor te werk. Dit was sy keuse om die werk te los as hy dit nie wou hê nie.”

Mahlangu en ‘n jeugdige word daarvan beskuldig dat hulle die voormalige AWB-leier in April 2010 in sy plaashuis in Noordwes vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer dat hy in selfverdediging opgetree het. Die tiener ontken betrokkenheid in die voorval.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: eugene terre'blanche  |  hof  |  misdaad  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.