Só werk De Zille se pakt

2010-08-16 06:36
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kempton Park - Patricia de Lille se Onafhanklike Demokrate (OD) sal ná slegs elf jaar van sy bestaan heeltemal deur die Demokratiese Alliansie (DA) ingesluk word.

Dié “troue” tussen De Lille en Helen Zille, Wes-Kaapse premier en DA-leier, se onderskeie partye is gister in Kempton Park aan die Oos-Rand aangekondig.

“Die troue is vir goed,” het De Lille Sondag gesê.

Later het dié twee leiers De Lille se nuwe DA-lidmaatskapkaart gewys en mekaar herhaaldelik drukkies gegee en hande geskud.

Volgens hulle is dit die eerste stap in ’n beweging om alle opposisiepartye “wat dieselfde dink” saam te snoer as een groot alternatief teen die ANC.

Die OD is, soos verkiesingsuitslae toon, ’n veel swakker party as wat dit in 2004 was.

Die party kon verlede jaar net 162 915 mense of 0,92% van die kiesers oorreed om vir hom te stem, terwyl dit in 2004 altesaam 269 765 of 1,73% stemme verower het.

Zille meen daar moet na die geheel gekyk word en dat die samesmelting tussen die OD en die DA as die eerste stap na ’n alternatiewe regering beskou word.

“Patricia was lank my politieke opponent, maar soos ons in koalisieregerings op plaaslike vlak saamgewerk het, het ons besef ons deel dieselfde beginsels,” het Zille gesê.

De Lille meen onderhandelings met Cope en die UDM sal voortgaan om hulle ook by die nuwe “alternatief” te voeg.

Sy het benadruk sy is geen posisie in die DA of ’n LUR-pos in die Wes-Kaapse regering belowe nie.

“Sy wou geen pos binne die DA gehad het nie. Sy sluit by die party aan as ’n gewone lid,” het Zille beklemtoon.

De Lille sal soos al die ander parlements- en wetgewerlede van die OD tot en met 2014 dubbele lidmaatskap van albei partye hê.

OD-raadslede sal tydens volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing onder die vaandel van die DA deelneem en daarna net gewoon lede van die DA wees.

Intussen sal ’n sekere aantal OD-lede in elk van die DA se nasionale bestuurskomitee, die federale uitvoerende gesag en die federale raad asook provinsiale rade dien.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Adele sê... Enige plek is beter as die stowwerige Orania... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.