Só ry die ANC se gaste na Rosestad

2012-01-06 08:33
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die Bloutrein ry Saterdag dié stad binne met belangrike gaste vir die ANC se eeufeesvieringe.

Onder die hooggeplaastes wat met dié luukse trein van Pretoria-stasie af aankom, is dr. Kenneth Kaunda, voormalige staatshoof van Zambië, het Herbert Themba Masheula, woordvoerder van die Bloutrein, Donderdag bevestig.

Wie die ander belangrike ANC-gaste op die vyfsterhotel op wiele is, wou hy nie sê nie.

“Al wat ek wel kan sê, is dat die passasierslys vooraanstaande vryheidsvegters van verskeie wêreldlande insluit.”

Die Bloutrein word tans deur Transnet besit en is twee jaar gelede tydens die Wêreldreisigerstoekennings in Sandton as Afrika se beste luukse trein aangewys.

Asemrowende ritte word moontlik gemaak deur twee verskillende Bloutreine, waarvan die eerste trein oor 37 suites beskik wat in totaal 74 gaste kan huisves. Die tweede trein bestaan uit 29 suites en kan 58 gaste huisves.

Elke suite beskik oor stort- en of badgeriewe.

Daar is twee luukse trokke per trein wat uit twee luukse suites, elk met private badkamergeriewe, bestaan.

Die oorblywende nege trokke per trein bestaan uit vier suites elk.

Albei die treine is toegerus met luukse sitkamers en eetkamers.

Masheula het gesê die Bloutrein vertrek vandag om 11:00 van die Pretoria-stasie en sal na verwagting omstreeks 19:00 in Bloemfontein aankom.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: anc  |  anc-eeufees

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.