Só kan die tolpaaie jou sak ruk

2011-11-08 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Tolgeld kan Kaapse pendelaars tussen R400 en R800 per maand uit die sak jaag as die Wynland-tolpadprojek op die N1 en N2 voortgaan.

Dié slegte nuus vir padgebruikers word in detail uitgespel in verslae en dokumente wat ingedien is as deel van die Stad Kaapstad se hofaansoek om die Nasionale Padagentskap (Sanral) se tolpadplan in sy huidige vorm te stuit.

Sanral het tot vandag om aan te dui of hy die aansoek gaan teenstaan.

In ’n studie wat in 2008 vir Sanral gedoen is, word geskat die tolgeld vir motoriste op die N2 vir 40 ritte per maand tussen die Baden Powell-afrit en Kaapstad sal tussen R400 en R480 per maand kos en dieselfde getal ritte van die Somerset-Wes-tolhek na Kaapstad tussen R560 en R800 per maand.

Pendelaars

Taxi-pendelaars wat tussen Kraaifontein en Kaapstad op die N1 pendel, sal R91 per maand meer moet opdok, en taxi-pendelaars van Khayelitsha na Somerset-Wes R183 per maand.

Die uiteindelike tolgeld kan drasties verskil van hierdie ramings omdat die syfers wat in die studie gebruik is van 2002 dateer.

Vervoerekonome wat namens Kaapstad ’n studie gedoen het, het gevind die konsessiehouers wat die tolpaaie bedryf sal tussen 4,5 en 9,8 keer meer geld uit die heffings maak as wat die bouwerk, instandhouding en bestuur van die paaie sal kos.

Ekonome waarsku die impak van die tolpaaie sal veel wyer strek as gewone pendelary, want dit sal die vervoer van alle goedere na en van Kaapstad verhoog.

Op die lange duur sal inwoners van Kaapstad ook die impak op hul eiendomsbelasting voel.

Die stadsraad skat hy sal tussen R270 miljoen en R500 miljoen meer aan die bou en instandhouding van sy eie paaie moet bestee weens die toename in verkeer omdat pendelaars die tolpaaie sal vermy.

In nog ’n studie in die hofstukke word geraam dat die tolpaaie druiweboere ’n addisionele R4 miljoen tot R5 miljoen per jaar kan kos. Dit kan die prys van ’n karton druiwe met tot 30c opstoot.

Protea Parkways Consortium, die voorkeurbieër om die tolpaaie te bestuur, is ook die konsortium wat Sanral meer as 13 jaar gelede genader het met dié tolpadplan.

Die Stad Kaapstad sê in sy hof­aansoek Sanral en die nasionale omgewingsowerheid weier al langer as ’n dekade om gehoor te gee aan sy besware teen die twee tolpaaie.

Boonop het Sanral belangrike dokumente oor die projek uit die openbare oog gehou.

Die stadsraad voer ook aan dat die projek se aanvanklike ekonomiese impakstudie die verwagte verkeersvolume op die paaie oorskat het.

Hofdokumente toon ook dat die nasionale owerhede tydens die jare lange beplanningsproses deurgaans geen ag geslaan het op besware van Kaapstad en die Wes-Kaapse provinsiale regering oor die impak wat die tolpad op veral arm inwoners sou hê nie.

Briewe

In die hofaansoek haal Kaapstad se uitvoerende direkteur van vervoer, Madecy Mazaza, agt briewe en voorleggings van die raad aan Sanral en die nasionale departement van omgewingsake aan waarin herhaaldelik gevra is vir ’n behoorlike ondersoek na die ekonomiese uitwerking van die tolpaaie, veral wat die armes betref.

Die stadsraad voer aan Sanral het geweier om die verslag waarop die nasionale vervoerminister sy finale besluit oor die tolpaaie sou grond aan die stad of publiek beskikbaar te stel.

Geen alternatiewe maniere om vir opgraderings aan die paaie te betaal is ooit oorweeg nie.

Sanral en Protea Parkways het nie gereageer op versoeke vir kommentaar nie.

In nog ’n studie in die hofstukke word geraam dat die tolpaaie druiweboere ’n bykomende R4miljoen tot R5mijloen per jaar kan kos. Dit kan die prys van ’n karton druiwe met tot 30c opstoot.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: toltariewe  |  paaie  |  tolpaaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.