Só is Lolly tereggestel

2010-05-09 08:21
Tweets Share Share line Print

Gavin Prins en Johan Eybers, Rapport

Johannesburg - Die ontkleeklubkoning Lolly Jackson is terreggestel met ’n goed gemikte kopskoot uit ’n sluipmoordenaarswapen.

Rapport kan vandag onthul dat die Teazers-baas Maandagaand eers vier keer in die rug geskiet is terwyl hy van sy moordenaar probeer weghardloop het.

Die beseerde Jackson het uit die televisiekamer in die moordhuis in Kempton Park na buite probeer vlug. Hy het toe in die deur na die motorhuis geval, waar hy die doodskoot agter sy oor toegedien is.

’n Bron na aan die ondersoek het aan Rapport gesê die moordwapen was ’n .22-handwapen – dikwels die voorkeurwapen van professionele huurmoordenaars.

Vanweë die wapen se ligte kaliber kan die skote nie ver gehoor word nie.

Die moordenaar het volgens Rapport se bron op ’n professionele wyse die moordtoneel opgeruim om bloedspatsels en ander bewyse te verwyder.

Die polisie soek na die voortvlugtige George Louka, alias George Smith, ’n voormalige regterhand van Jackson, in verband met die moord. Louka het in die moordhuis gewoon. Jackson het vroeër gesê Louka is groot geld aangebied om hom tereg te stel.

Rapport verneem kneusplekke aan Jackson se kop dui op ’n vuisgeveg met die skieter. En die moordenaar het Jackson se eie selfoon gebruik om die polisie te bel.

Die private speurder Mike Bolhuis, wat Jackson al jare lank ondersoek weens onder meer beweerde mensehandel en omkopery, sê hy glo die smetkoning se misdadige bedrywighede het hom sy lewe gekos: “You live by the sword, you die by the sword… My inligting was dat hy en Louka ’n uitval gehad het oor ’n Griekse paspoort-transaksie wat skeefgeloop het.”

Twee bronne het aan Rapport gesê Jackson wou die land verlaat en dat Louka vir hom ’n Griekse paspoort moes reël. Die polisie en Jan Taks was glo reg om Jackson vas te trek vir onderskeidelik geldwassery en belastingontduiking.

Jackson het glo reeds R10 miljoen onwettig uit die land geneem.

’n Polisiebron het aan Rapport gesê Louka kruip in Ciprus weg. “Hy lyk nie meer soos die koerantfoto’s nie. Hy is maerder, het al sy hare afgeskeer en dra ’n bril.”

Jackson se Jeep Cherokee is die dag ná die moord in Bedfordview gekry, naby die huis van die Tsjeggiese boef Radovan Krejcír.

Jackson het lank voor sy dood aan die verkeerde kant van misdaadbase beland.

Hy het vroeër vanjaar ’n regsgeding begin teen Alekos Panayi, gewese verteenwoordiger van die Laiki-bank. Jackson het beweer Panayi skuld hom R725 000.

Die owerhede se belangstelling in Jackson het begin toe Panayi in hofstukke ’n geldwassindikaat ontbloot het waarby Jackson, Krejcír en Louka glo betrokke was.

Panayi het Krejcír aan Jackson voorgestel en laasgenoemde het hom glo gehelp om miljoene rande uit die land te smokkel.

’n Saketransaksie tussen Jackson en Krejcír het egter skeefgeloop en Jackson het die drie mans afgedreig. Louka en Krejcír het toe teen hom gedraai.

“Lolly het sy hand oorspeel teen mense met meer spierkrag in die onderwêreld,” sê Andrew Phillips, eienaar van The Grand-ontkleeklub.

Lees meer oor: lolly jackson  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.