Smokkelaar gevang
2009-08-03 14:36
Pretoria- ‘n Man is Maandag in hegtenis geneem ná hy gevang is terwyl hy probeer het om renosterhorings met ‘n waarde van R200 000 in Amalinda, Oos-Londen te verkoop.
Volgens kapt. Stephen Marais het die Groen Skerpioene, ook bekend as die inspektoraat omgewingsbestuur, die 35-jarige man by ‘n winkelsentrum in hegtenis geneem.
"Daar word beweer dat die man gevang is toe hy die horing probeer verkoop het”, het Marais gesê.
Die inhegtenisname kom ná pogings om die onwettige besit en verkope van renosterhorings in dié provinsie stop te sit.
Die verdagte sal Dinsdag in Oos-Londen se landroshof verskyn en onder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit aangekla word. As hy skuldig bevind word sal hy ‘n boete van R100 000 of vyf jaar tronkstraf in die gesig staar.
-Sapa