Smokkel-sindikaat oopgevlek
2013-02-06 15:13
Johannesburg – Vier mans wat met ‘n sigaret-sokkelsindikaat verbind is, is in Midrand en Centurion in hegtenis geneem, het die Valke Woensdag gesê.
Die mans is aangekeer nadat die polisie Dinsdag ‘n klopjag by ‘n pakhuis in Modderfontein, Ekurhuleni, uitgevoer het. Sigarette ter waarde van R4 miljoen is gekonfiskeer, het ‘n polisiewoordvoerder, kapt. Paul Ramaloko, gesê.
“Ons het die rug van ‘n reuse-smokkelsindikaat gebreek. Sowat 8 000 liter etanol, wat ‘n halfmiljoen rand werd is, is ook in die klopjag gevind. Dit word gebruik om onwettige alkohol te vervaardig.”
Die mans, wat tussen 40 en 50 jaar oud is, sal na verwagting Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA