Smeulende dansers laat teater brand

2011-10-29 09:04
Tweets Share Share line Print

Welkom – Miljoene rande se skade is hier in die Ernest Oppenheimer-teater aangerig toe ’n vuurwarm vertoning van ’n vlamdanser tydens ’n erotiese dansvertoning tot ’n brand op die verhoog gelei het.

Wat presies die brand veroorsaak het, is deel van die ondersoek wat nou deur die brandweer en die Matjhabeng-munisipaliteit gedoen word. Die skade wat aangerig is, is van so ’n groot omvang dat die teater ten minste tot die einde van die jaar gesluit sal wees.

“Ek het op die verhoog gesien hoe jare se harde werk in vlamme opgaan. Die een oomblik was die vlamme sowat 1m hoog en binne sekondes het dit tot teen die teater se dak (sowat drie verdiepings hoog) opgeskiet,” sê Dulcie Harris, wat sedert 1996 die teaterbestuurder van die Ernst Oppenheimer is.

Sy sê dit is hoofsaaklik waterskade en al die elektriese bedrading is ook beskadig.

Geen ligte kan op die verhoog aangeskakel word nie, van die meeste van die gordyne is daar net as oor en die houtvloer is beskadig.

“Gelukkig is die personeel van die teater baie goed opgelei en elkeen het geweet wat om te doen. Die hoofgordyn is onmiddellik laat sak en dit het die brand tot die verhoog beperk. Mnre. Absalon Mashigo, tegniese verhoogbestuurder, en Dirk Pretorius, een van die plekaanwysers, was die helde van die aand.

“Ons besigste tyd lê nou voor. Die teater is vol bespreek tot die einde van die jaar.”

Harris doen alles in haar vermoë om mense wat reeds bespreek het, elders reg te laat kom. Die Suid-Afrikaanse liggaamsboukampioenskap wat die naweek in die teater gehou sou word, is na die Ferdi Meyersaal geskuif.

Harris bevestig dat die vertoning wat Donderdagaand deur twee Gautengse dansgroepe, Odyssey International en Explicit gehou is, slegs vir vroue was en eksplisiet van aard is. Die vertoning het ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar gehad.

Sam Makubu, waarnemende munisipale bestuurder van Matjhabeng, sê die munisipaliteit sal alles in sy vermoë doen om die teater so gou as moontlik weer aan die gang te kry. Hy het bevestig dat die munisipaliteit versekering teen brande het.

Riaan van Wyk, eienaar van Odyssey, sê hy is baie emosioneel en hartseer oor wat gebeur het.

Hy sê die 11 die dansers wat opgetree het, kan nie verstaan wat gebeur het nie.

“Van die dansers het self probeer om die vlamme te blus. Almal is geskok. Dit is sleg. Die teaterpersoneel het egter die situasie baie goed gehanteer en die toeskouers het baie vinnig en ordelik die teater verlaat.”

’n Vrou wat die vertoning bygewoon het en anoniem wil bly, sê dit was ’n vertoning van hoogstaande gehalte en die skraps geklede dansers is baie professioneel.

“Die vertoning het kort ná 20:00 begin. Terwyl die vlamdanser besig was, het ek iets geruik, maar ek kon nie sien wat aangaan nie. Van die vroue het begin opstaan en die volgende oomblik het iemand ons gevra om die teater te verlaat. Ek kon die vlamme op die verhoog sien.”

Sy sê niemand in die gehoor was histeries nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.