Sluipmoord: Grootouers soek toesig oor seun
2011-11-10 10:20
Pretoria – Die ouers van die vermoorde Chanelle Henning het die Noord-Gautengse hooggeregshof genader om toesig oor hul kleinseun te kry.
Henning is Dinsdagoggend doodgeskiet minute nadat sy haar vierjarige seun, Benjamin, by die kleuterskool afgelaai het.
Die polisie is op soek na twee mans wat op 'n motorfiets van die toneel gevlug het.
Haar pa het gevra om na die kind, waarvoor Henning so hard geveg het, om te sien.
Henning het onlangs toesig oor haar seun gekry nadat haar egskeiding van haar 45-jarige man, Nico, gefinaliseer is.
Nico is deur die polisie ondervra, maar is in die stadium nie 'n verdagte nie.
Die seuntjie is sedert die moord op sy ma in pleegsorg geplaas en sy familie mag hom nie sien nie.
Volgens bronne vra Benjamin na sy ma.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter