Slotbetoë gelewer in Malema se tugverhoor
2011-11-06 08:04
Kaapstad – Slotbetoë word Sodnag (vandag) gelewer in die ANC Jeugliga-leier, Julius Malema se tugverhoor.
Malema word daarvan beskuldig dat hy die party in oneer gebring het en verdeeldheid saai.
Hy kan moontlik geskors word indien hy skuldig bevind word.
Dit volg nadat hy verlede jaar 'n opgeskorte veroordeling van twee jaar ontvang het vir 'n soortgelyke oortreding.
Malema se tugverhoor is reeds verskeie kere uitgestel. Intussen sê die burgerregtegroep, Afriforum, hy het reeds die eerste, tweede en derde rondte van die hofstryd teen Malema gewen in die haatspraak-saak.
Dit volg na die Konstitusionele Hof 'n aansoek van die ANC en Malema van die hand gewys het om regstreeks by dié hof aansoek te doen om verlof tot appèl teen regter Colin Lamont se uitspraak in September in die Gelykheidshof.
Die Konstitusionele Hof se uitspraak is vroeër vandeesweek gedoen, maar eers Vrydag aan die partye beskikbaar gestel. Afriforum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, sê hulle sien daarna uit om die volgende rondte in die Appèlhof in Bloemfontein ook te wen.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.